Jy is Bekoorlik, Die Ongetemde Hart, Maksimum Man
by Andrey Vrey
(Ceres, Wes Kaap, Suid Afrika)
Die boeke is onderskeidelik geskryf deur John en Stasi Eldredge, John Eldredge en Louis Malherbe.
Die Ongetemde Hart is vir die manne geskryf en Jy is Bekoorlik vir die vroue. Ek het altwee gelees en agtergekom dat jy altwee MOET lees aangesien dit 'n mens se oë oopmaak aangaande jouself en jou lewens maat, al is jy 20 jaar getroud soos ons.
Maksimum man is ook vir die manne bedoel. Die eerste twee boeke is oorspronklik in Engels geskryf.
Ek het dit geweldig geniet en beveel die boeke baie sterk aan.
Groete in Christus
Andrey Vrey